EduCoast study resource Free to study

Twin Peaks : The Role Of The South African Central Bank Promoting And Maintaining Financial Stability

No ratings yet

Ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank 90 van 1989 en soos daarna bevestig in die Grondwet, 1996 is die primêre doelwit van die Reserwebank as Suid-Afrika se sentrale bank die beskerming van die waarde van die geldeenheid van die Republiek in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in Suid-Afrika. Alhoewel die Reserwebank ook de facto verantwoordelik was vir finansiële stabiliteit in Suid-Afrika word daar nêrens in voormelde wetgewing uitdruklik gemeld dat die bevordering en handhawing van finansiële stabiliteit 'n doelwit van die Reserwebank is nie. Die wêreldwye finansiële krisis (WFK) van 2008 het egter 'n paradigmaskuif ten opsigte van finansiële regulering meegebring wat die bevordering en handhawing van finansiële stabiliteit na die voorgrond geskuif het as regulatoriese doelwit. Alhoewel Suid-Afrika die 2008 WFK met relatiewe welslae trotseer het in vergelyking met onder andere die VSA, het Suid-Afrika as lid van die G20 hom nietemin verbind tot hervorming van sy huidige sektorale benadering tot finansiële regulering. Die gevolg was'n besluit om die bestaande regulatoriese model te vervang met 'n aangepaste weergawe van die Twin Peaks-model wat redelik byval gevind het in verskeie ander G20-lande. Die eerste fase van infasering van Twin Peaks in Suid- Afrika word gefasiliteer deur die Finansiële Sektor Reguleringswet 9 van 2017 wat die argitektuur vir die Suid-Afrikaanse Twin Peaks-model in plek stel. In hierdie nuwe reguleringsbedeling word 'n uitdruklike en omvattende finansiële stabiliteitsmandaat aan die Reserwebank verleen. Hierdie bydrae ondersoek hierdie omskrewe finansiële stabiliteitsmandaat van die Reserwebank en die bevoegdhede en funksies van die sentrale bank in hierdie verband asook die maatreëls ten opsigte van samewerking met ander reguleerders en staatsorgane ten einde hierdie mandaat effektief uit te voer.

Level
Postgraduate
Subject
Mercantile Law
Type
Article
Institution
University of Pretoria
Language
English
Year
2017
Pages
21 pages
File size
126.51 KB
Format
PDF
Document viewer

Read online

PDF 21 pages
Save a copy

Download this document

Keep the file on your device and study offline. Your personalised copy includes a cover page showing your name and email address.

Free with a free EduCoast account Upload a resource
Help others

Rate this resource

No ratings yet

Found this helpful? Tap a star — your rating helps thousands of students find the best resources.