EduCoast study resource Free to study

Ondersteuningsdienste Vir Onderwysers In Openbare Skole Van Die Brics-Lidlande: 'N Vergelykende Dokumentêre Studie

No ratings yet

Ondersteuningsdienste aan onderwysers is ʼn komponent van enige doeltreffende onderwysstelsel. In hierdie studie word die BRICS-lidlande ondersoek met die fokus op onderwysers in openbare skole. Die BRICS-lidlande is Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. Die BRICS-organisasie is een van die mees georganiseerde en ondersteunende internasionale samewerkingsorganisasies wat tans bestaan. Die BRICS-lidlande is vir hierdie studie gekies omdat daar ʼn leemte in die beskikbaarheid van navorsing oor hierdie onderwerp is. Hierdie studie wys dat daar 'n leemte in die BRICS-organisasie is met betrekking tot 'n gebrek aan ondersteuningsdienste aan onderwysers ten einde goeie onderrig te verseker. Die doel van hierdie navorsing was om vas te stel hoe ondersteuningsdienste aan onderwysers in openbare skole in die BRICS-lidlande gebied word. Die studie fokus op die verskille en ooreenkomste wat geïdentifiseer kan word op grond van ondersteuningsdienste aan onderwysers in openbare skole in die BRICS-lidlande. As navorsingsmetode is die vergelykende metode gebruik om die beste praktyke wat tydens die voorsiening van ondersteuningsdienste aan onderwysers binne die BRICS-lidlande gebied word, te identifiseer en met mekaar te vergelyk. Klem is geplaas op mediadienste, pensioenfondse, regsadviesdienste en vakbonde as ondersteuningsdienste aan onderwysers. ʼn Interpretivistiese navorsingsparadigma is as vertrekpunt gebruik en ʼn kwalitatiewe navorsingsmetode is gevolg om bestaande artikels en staatspublikasies inhoudelik te ontleed en data daaruit te genereer. Die data is verwerk en in tabelvorm ontleed om die beste praktyke te identifiseer. Die oorkoepelende bevinding vanuit hierdie studie is dat ondersteuningsdienste vir onderwysers beskikbaar is in die BRICS-lidlande, alhoewel die mate van ondersteuning binne elk van die lidlande verskil. Die beste praktyke wat tydens die navorsing geïdentifiseer is, kan tot voordeel vir elkeen van die BRICS-lidlande wees. Die verskillende bronne is geraadpleeg nie net om die ondersteuningsdienste aan onderwysers in elke land te verbeter nie, maar ook ten einde die voorsiening van onderwys te verbeter.

Level
Postgraduate
Subject
Education
Type
Thesis
Institution
North-West University
Language
English
Year
2021
Pages
193 pages
File size
2.34 MB
Format
PDF
Document viewer

Read online

PDF 193 pages
Save a copy

Download this document

Keep the file on your device and study offline. Your personalised copy includes a cover page showing your name and email address.

Free with a free EduCoast account Upload a resource
Help others

Rate this resource

No ratings yet

Found this helpful? Tap a star — your rating helps thousands of students find the best resources.