'N Skeppende Grensnyweraar: James Smith (1858 - 1934) Meubelmaker Van Noord-Transvaal.
- Opsomming: James Smith is een van die belangrikste figure in die geskiedenis van meubelvervaardiging uit inheemse hout in die binneland van Suid-Afrika. Hierdie grenspionier van Noord- Transvaal het uit kiaathout besondere meubelstukke vervaardig wat vandag van besonder groot kulturele en historiese waarde is. Die artikel ondersoek die herkoms van James Smith, die evolusie van sy meubelstyl en die bedryf wat hy gevestig het.