EduCoast study resource Free to study

Ingrid Jonker : 'N Psigologiese Analise

No ratings yet

In hierdie studie word gepoog om met behulp van die werktuie, deur die Sielkunde ontwikkel, 'n analise van Ingrid Jonker (1933-1965) te maak en sodoende meer oor die "kuns van menswees" te wete te kom. Dit geskied aan die hand van 'n ondersoek na haar lewe en werk, wat so gevoer word dat groter begrip vir die medemens in die algemeen en vir die skeppendbegaafde persoon in die besonder, daaruit voortspruit. In die inleiding tot die eerste hoofstuk word die probleemstelling uiteengesit. Daarna word daar op die wisselwerking tussen die Letterkunde en die Sielkunde ingegaan en aangetoon hoedat wedersydse bevrugting dikwels langs hierdie weg, wat oor baie jare strek, plaasgevind het. Vervolgens word die wyse waarop kuns deur sommige ondersoekers aan 'n psigopatologiese verskynsel gelykgestel word, krities ondersoek. Verskille word aangetoon en sowel die oorsprong van, as die gevare verbonde aan so 'n gelykstelling word blootgelê. Hierna word die verwantskap tussen skepper en skepping en die verskillende vorms wat dit mag aanneem, uiteengesit en ondersoek. Vervolgens word aangetoon waarom Ingrid Jonker tot onderwerp van studie gekies is. Die plek wat sy in die Afrikaanse Letterkunde inneem, haar invloed op ander kunstenaars, die omstandighede wat haar lewe gekenmerk het, die invloed van die era waarin sy geleef het en ander faktore, wat die keuse beinvloed het, word uiteengesit. In die laaste afdeling van hierdie hoofstuk word die wyse waarop daar in die analise te werk gegaan is, verantwoord. Die teoretiese raamwerk vir die studie word uiteengesit en daaruit blyk dat die analise beskou word as 'n poging tot doeltreffende begrip van 'n persoon wat nie in die hier-en-nou situasie aanwesig is nie. Hierdie sogenaamde "analise in absentia" is dan geskoei op die lees van daardie psigoterapeutiese pogings wat op empatiese begrip van die medemens gebaseer is. Besondere klem word gelê op die feit dat die sielkundige die terrein van die Kuns as sielkundige betree en dat kunskritiek en kunswaardering hoegenaamd nie aan die orde kom nie. Die analise is derhalwe uitsluitlik daarop afgestem om tot 'n ryker begrip van Ingrid Jonker se lewe te lei, om haar werk op so 'n wyse te ontsluit dat die mens daaragter vir sover moontlik kenbaar word en om idees wat andersins nie verband met mekaar sou hou nie en gedrag wat andersins onverklaarbaar sou wees, tot 'n sinvolle geheel saam te snoer. Om hiertoe te kan kom, word die begrippe waarvan daar gebruik gemaak word, onderskei en sowel die metodes wat gevolg as die beginsels wat toegepas word, uiteengesit. In die laaste instansie kom die wyse waarop daar in ander soortgelyke ondersoeke te werk gegaan is en die mate van ooreenkoms wat dit met hierdie studie vertoon, aan die orde. Ingrid Jonker se lewensloop word volledig in die eerste gedeelte van hoofstuk twee uiteengesit. Hierna word 'n aantal van haar werke wat sowel gedigte as sketse, kortverhale en 'n drama insluit, in chronologiese volgorde gerangskik en in ses afdelings, verteenwoordigend van verskillende tydperke in haar lewe, aangebied en ontleed. Aan die einde van elke afdeling word die belangrikste temas wat daarin voorkom, saamgevat. Ten slotte word 'n oorkoepelende uiteensetting van al die verskillende temas gegee. Sommige van die werke wat ontleed word is vry-algemeen bekend en is ook in haar gepubliseerde bundels opgeneem. Ander kom slegs in jeug- en populêre tydskrifte voor. In hoofstuk drie word die nuwe begrip vir die kunstenares as mens, waartoe daar uit die beskrywing van haar lewe en die ontleding van haar werk gekom is, opnuut saamgestel. Eers word sommige van haar persoonlikheidseienskappe beskryf, daarna word 'n uiteensetting van die verskillende gevoelens en behoeftes wat sy ervaar het, gegee. Dit word opgevolg deur 'n beskrywing van die houdings en gedrag wat sy openbaar het. In die laaste instansie word die aanpassingsprobleme wat sy ondervind het en die beskerrnings- en aanpassingsmeganisrnes waarvan sy gebruik gernaak het, weer

Level
Postgraduate
Subject
Psychology
Type
Thesis
Institution
University of Pretoria
Language
English
Year
1978
Pages
303 pages
File size
22.99 MB
Format
PDF
Document viewer

Read online

PDF 303 pages
Save a copy

Download this document

Keep the file on your device and study offline. Your personalised copy includes a cover page showing your name and email address.

Free with a free EduCoast account Upload a resource
Help others

Rate this resource

No ratings yet

Found this helpful? Tap a star — your rating helps thousands of students find the best resources.