EduCoast study resource Free to study

Evaluering Van Die Welstand Onder Werknemers Van ’N Mediesefondsmaatskappy In Suid-Afrika

No ratings yet

Huidige navorsing op die gebied van welstand in die werkplek is gefragmenteer en vereis ’n holistiese, geïntegreerde en stelselmatige begrip van werknemerwelstand sodat gesondheiden welstandsorg doeltreffend bestuur kan word. Die toenemende las van nie-oordraagbare toestande in Suid-Afrika beklemtoon die noodsaaklikheid van voorkomingstrategieë soos welstandprogramme. Die werkomgewing bied ’n ideale plek, aangesien ’n groot deel van die bevolking geteiken word, insluitende diegene wie se lewenstyl verbeter moet word. Hierdie studie is dus daarop gemik om verskeie gesondheid- en welstandkomponente onder werknemers van ’n mediesefondsmaatskappy te evalueer in ’n poging om risikogebiede te identifiseer wat verdere ingryping vereis. Die deelnemers het bestaan uit 140 werknemers van ’n mediesefondsmaatskappy wat ten minste 40 h per week werk. Hulle is onderwerp aan ’n welstandassesseringsbattery bestaande uit antropometrieke, gesondheidverwante en fisieke kapasiteitmetings. Die resultate toon dat ingryping nodig is betreffende alkohol- en dwelmgebruik, dieetgewoontes, hartgesondheid, liggaamsamestelling, spieruithouvermoë, kardiorespiratoriese uithouvermoë en individuele persepsies van die maatskappy. Dié studie het resultate opgelewer wat die bevindings van baie vorige navorsing op hierdie gebied staaf. Die trefwydte van welstandprogramme op die Suid-Afrikaanse bevolking is egter beperk. Die sukses van welstandprogramme wat fisieke aktiwiteit beklemtoon, is goed gedokumenteer in hoë-inkomstelande, met bewys van die ekonomiese voordele en opbrengs op belegging. Gevolglik word daar aangevoer dat die toepassing van welstandprogramme ’n positiewe uitwerking op die Suid-Afrikaanse werkmag sal hê.

Level
Postgraduate
Subject
Physiology
Type
Article
Institution
University of Pretoria
Language
English
Year
2015
Pages
7 pages
File size
538.92 KB
Format
PDF
Document viewer

Read online

PDF 7 pages
Save a copy

Download this document

Keep the file on your device and study offline. Your personalised copy includes a cover page showing your name and email address.

Free with a free EduCoast account Upload a resource
Help others

Rate this resource

No ratings yet

Found this helpful? Tap a star — your rating helps thousands of students find the best resources.