EduCoast study resource Free to study

Die Aard Van Pleegvaders Se Betrokkenheid By Pleegkinders : ‘N Verkennende Studie Binnechild Welfare Tshwane

No ratings yet

Die doel van die studie was om die aard van die betrokkenheid van pleegvaders by pleegkinders te verken binne Child Welfare Tshwane. Om hierdie doel te bereik is ʼn kwantitatiewe benadering gevolg om op ʼn objektiewe wyse die aard van dié betrokkenheid te bepaal. Die studie is volgens ʼn nie-eksperimentele navorsingsontwerp uitgevoer, synde die korrelasie-ontwerp wat die konsep vaderlike betrokkenheid eenmalig gemeet en korrelasies tussen veranderlikes ondersoek het. Data is ingesamel oor drie konstrukte van vaderlike betrokkenheid, naamlike interaksie, beskikbaarheid en verantwoordelikheid. Data is deur middel van 'n self-geadministreerde vraelys ingesamel. Die bevindinge van die studie het getoon pleegvaders oor die algemeen hoë vlakke van betrokkenheid by hul pleegkinders getoon het ten opsigte van al drie die konstrukte. Die pleegvaders het beide ‘n instrumentele rol, byvoorbeeld voorsiening in die kinders se basiese behoeftes, en ‘n ekpressiewe rol, byvoorbeeld emosionele steun en aanmoeding van die pleegkinders, vertolk. Temas wat in hul eie beskrywing van hul rol as pleegvaders na vore gekom het, was diè van emosionele ondersteuning, sosialisering van die pleegkinders, die bied van ekonomiese sekuriteit en interaksie met die pleegkind en dat hul dus ‘n aktiewe byrae tot die uitvoering van die gesinsfunksies gelewer het. Hoewel die meerderheid van die pleegvaders bejaard was en bedags tuis teenwoordig was, het dit nie betekenisvol verskil van die betrokkenheid van pleegvaders wat voltyds gewerk het nie. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat maatskaplikewerkdienste ook die pleegvader behoort in te sluit en daarop fokus om pleegvaders te motiveer om betrokke te wees by die versorging van pleegkinders. Pleegvaders kan ‘n belangrike bydrae lewer tot die stabliteit van pleegplasings en tot die algehele welsyn van die pleegkinders.

Level
Postgraduate
Subject
Social Work and Criminology
Type
Mini Dissertation
Institution
University of Pretoria
Language
English
Year
2013
Pages
160 pages
File size
7.35 MB
Format
PDF
Document viewer

Read online

PDF 160 pages
Save a copy

Download this document

Keep the file on your device and study offline. Your personalised copy includes a cover page showing your name and email address.

Free with a free EduCoast account Upload a resource
Help others

Rate this resource

No ratings yet

Found this helpful? Tap a star — your rating helps thousands of students find the best resources.