Aspects Of Hawking In The Transkei, 1920 - 1945.
- Opsomming: Transkei het in die 20ste eeu 'n heenkome aan trekarbeiders, oues van dae, vroue en kinders begin bied. Die teenstrydigheid is egter dat die geleidelike armoede van die streek en sy swart bevolking ekonomiese geleenthede vir blankes veral in die dorpe geskep het. Armblankes wat aan die moeilike ekonomiese toestande in blank-Suid-Afrika wou ontkom, het as smouse sukses in Transkei behaal hoofsaaklik vanweë plaaslike owerhede se diskriminerende maatreëls teen swart mededinging. Op die Transkeise platteland kon swart graanhandelaars ook nie juis daarin slaag om direkte toegang tot die mark te verkry en so die geldmag van gevestigde blanke handelaars uit te skakel nie.